Tuesday, February 16, 2010

Ek wonder partykeer...

Party keer wonder ek of daar nog lewe daar buite is.  Nie op Mars nie wel.  Eerder hier op Venus waar ons bly.  Daar is/was mense wat gedink het dit sal 'n goeie idee wees om die vanselfsprekende dinge van die lewe soos respek vir lewe, verdraagsaamheid, familie beplanning en selfs goeie wyn van die hand te wys.
Die Duitser met die snor het mense vergas, want hy't gedink hulle is soos rotte.  Die man met die snor van Oud-Rhodesie het gedink dit sal 'n goeie idee wees om sy land se grootse uitvoere tot niet te laat gaan, gegrond op idealistiese oortuigings dat die hele Westerse wereld uit is om hom te kry; hy het wel sy punt bewys - want die Westerse wereld Is nou uit om hom te kry! Poepol.
Moet nie vergeet van 22 state van die Verenigte State van Amerika wat besluit het dit sal 'n goeie idee wees om wyn te verban nie! Hoe op dees aarde moet die mense hul self van waansin en droe keel sindroom beskerm!?  Ons eie Preetse-dent hou sy lyf maar partyparty;  Mens dans mos rond soos 'n idioot, praat kak en shag als wat loop as mens te veel proviant in het.  Wag, dis presies wat hy doen!!
Die ander helfte van die mensdom soos ek en jy dink ook daaraan om party mense te vergas en/of weg te jaag, minder wyn te drink en ook te lieg oor partyparty situasies, maar ons lewens beinvloed nie miljoene nie. (Nie vandag nie, bygese)
So gaan voort - lewe daar buite asof jy net more het en onthou jou medemens, hulle is nie altyd so sleg nie.

Mag jou glas altyd vol wyn wees en mag daar nooit sand in jou sonroom wees nie!

Cheers vir eers

B.A

1 comment: