Ek het iets vergeet, ummm wat was dit nou weer, umm Oja! Jyt 'n tweetalige blog wat niemand lees nie want jy het dit onder die stof laat le vir meer as 'n jaar - numnut.
Maar hier is ek weer, voor jou deur, sonder 'n rooirok. So - wat is nuus?
Die Bokke het nie die wa deur die sloot getrek nie, en die betrokke skeidsregter skuil nou saam met Gadaffi in 'n sloot iewers. O ja - Gadaffi is gejag deur 'n klomp Franse met AKs en is nou nie meer nie. Lawrence sal seker nou maar moet 'n snor groei vir Movember en 'n skaap moet gaan vang.
Ek het alweer die triljoen euro lotto gewen, maar die keer gan ek nie vergeet om my bokse vol geld te gaan haal by die Lotto Consulate in Belgie nie.
Ek het gesien hoe 'n Rooihartebees 'n ou van 'n fiets af hardloop die ander dag! Dis fokken snaaks gewees! Hy het hom kompleet desmoers toe geval en die bok het net aanhou cruise asof niks gebeur het nie!
Hulle (wie is 'hulle' in elkgeval?) het gese ons klom frikkies hier op planeet aarde is nou almal saam 7biljoen. Ek kan nie eers tot daar tel nie, en wie kan? Dis blerrie baie snot neuse, ingroei toonnaels en oe wat bewilderd rond kyk na mekaar en wonder: Wat is die antwoord van die lewe? Twee-en-veertig natuurlik.
Wats nog nuus? O ja - ek is toe Mt. Kilimanjaro uit en met 'n geswoeg en gesweet is ek weer lewendig terug. Was dit lekker? Ja. Was ek gatvol? Ja. Sal ek dit weer doen? Nee.
So daar het julle dit. In 'n nuutedop. Fluit fluit, my storie is uit.
B.A