Moet nooit twee A-kanidaat backseat drivers jou 'n pad probeer verduidelik waarheen nog jy nog die ander twee ooit heen was nie! Na telke verkeerde afdraaie, het ons wel by Orlando uitgekom opsoek na Blou Bul vlae, groot bottels bier, taxis en 'n bietjie avontuur. Om jou kar te parkeer is 'n kompetiesie en die straat gasheer bied ons toe 'n prys aan om te parkeer - vyftigduisend vyf in ry, vyftig randjies vir jou - letterlik!
Die bier was nie baie koud nie, en met dit in die hand vaar ons klomp Kaizer Chief Bulls na die pawiljoen aan.
Nog 'n paar biere om die gees op te kry, en polisie wat baie tegemoedkomend is met die hele afvere, tree ons die stadion binne.
Wat 'n verskriklikke lawaai! Ekt wel gesorg vir my bydrae tot gehoorverlies met my eneVuvuzela! Die uitkoms van die wedstryd was maar pure soos 'n blou fliek: baie voorspelbaar en die uitkoms is altyd dieselfde. Ekt geld verloor met die wedstryd, al het die Bulle gewen.
By die volgende shabeen uitgekom het die verrigtinge eers begin! Biere gedrink en by een of ander iemand se huis gesit en kulturele verskille, pap-en-vleis, en vinnige karre gesels. Heel luik darem - sal weer sommer Soweto toe gaan vir 'n 5de keer en daar gaan kuier. Die mense is werklik verwelkomend. Moontlik omdat ons daar 'n kruiwa geld spandeer het bygese.
Ten slotte; die Bulle het gemerk dat hulle ten minste 'n paar keer elke seisoen in Orlando gaan speel teen wie ookal en om Rugby te bevorder in die suidweste van Johannesburg. Ek sal daar wees met my KC baadjie en my Blou Bul hoed ten goede van nasie bou (nie daardie vorm van nasie bou nie) en vernuwing.
Go Bafana, Amakhosi For Life !!
Oor en uit met spyt.